
Konneksies
Ek is bly ek en my kinders kan beter saamkuier as ek en my ouers. Gister was weer so ‘n dag.




Kwaadkat
Pure winter gewees gisteroggend. Ek sit die gasverwarmer aan, dit sukkel nog soms met die aansit, Mica raak klein toe die verwarmer klik-klik-klik en woef aangaan.
Later wil sy nie eens by my kom lê nie, sy sit liewer vieserig en kyk na die deur.

En later probeer sy my skuldig kyk.

Niks het gewerk nie. Die deur het eers weer vanoggend oopgegaan.
Naweek gewaarwordinge
Het julle al gevoel dat tyd so aaneen loop dat daar nie ‘n komma, ruspunt, iewers is nie? Naweek loop aan in week en week loop in naweek.
Is dit normaal om op hierdie tydstip van mens se lewe terug te kyk en te wonder of jy regtig iets bereik het?
Wat is die maatstaf vir iets bereik? Is daar ‘n lys wat mens kan afmerk? Soos ‘n inkopielys?
Preppieniss
Iewers, onder al die preppieniss wat ek so voorhou, val dinge uitmekaar. My eende is nie op ‘n ry nie. My varkies loop iewers rond.
Driekwart van my lewe is verby. Ek het nou nie juis boeke herskryf of grense verskuif nie. Nog minder kon ek al ‘met die golf saamry’.
Is jammer ek kan nie weer begin nie. Daarom dat ek so preppie is. Ek steek bleddie goed weg.
Die week se dinge en tingelinge



Wat ‘n week. Die konstante veranderings in mens se lewe. Enigste konstante is die wete dat iets die volgende dag mag wegval of verander. Vriendin Retha sê altyd so in haar maatskaplike stem: ‘Vloeibaar wees.’
Wie is nog lus vir vloeibaar behalwe as dit in ‘n bottel kom wat in ‘n glas gegooi kan word. Ek besef al te goed die norm van die verlede sal moet verander. Dit was immers dit wat ons tot op hierdie punt gebring het. Maar ek sal nogals hou daarvan om te weet of die nuwe norm nie aan my sak gaan raak nie.
Dit bring my tot die volgende punt. Wat kan ek ekstra doen om my inkomste aan te vul?
Erfstukkies

My erfstukkies. In die erfstukkassie wat tannie Marlene vir my gegee het. Die kassie kom van haar ma af. Sus het gedreig om goed te kom uitgooi as ek nie begin regpak nie so ek het sommer self begin. Voordat sy begin skoonmaak. Want kan die kind skoonmaak! Voor die voet.
Wanneer …..
Wanneer jy griep tydens COVID tyd kry klop mens se hart net anders en jou senuwees is in flarde. Alles werk op jou nerwe en jy is vies want jy het nog nie al jou papierwerk agtermekaar nie en wat nou.
Eers wanneer jy na ‘n hoesbui asem skep en besef jy het net griepsimptome en jou longe klink al van 2011 se mooi woonstel in Blouberg se sampioen spore inasemry so dat jy kalmer word en ‘n glas lemoensap loop drink.
Dan kyk jy by die sitkamervenster uit terwyl jy werk en jy is dankbaar vir die kos was Sus via Buurvrou by jou deur laat aflaai het.

Familie
My ouers is al ‘n paar jaar nie meer met ons nie maar elke jaar op hulle verjaarsdae dink ek aan hulle. Ek onthou stukkies van die laaste keer toe ons mekaar gesien het en die legkaart van verlies lyk nie meer so vol gate nie.
Ek mis hulle, meer omdat ek besef ek het hulle uit my lewe gesluit. Ek sou hulle eintlik wou leer ken, as hulle dit sou toelaat. Ek vermoed egter hulle was so besig om innerlik te stry dat persoonlike oorlewing eerste in hulle lewens gekom het.
Daar is meer deernis in my hart vir hulle en sou ek die klok kon terugdraai, sou ek ‘n beter dogter vir hulle wou wees.
Kaap van storms
Winter het die Kaap weereens getref. Ek sit met ‘n glas Jeripico om my binneste op te warm.
Gister was gister. Gelukkig. Ons het vandag by die werk daaroor gepraat en planne gemaak om te voorkom dat dinge so afdraend spoed optel.
Wintersklere. Ek moet kry, ek sien net nie kans om die winkels aan te durf nie. Sal maar intussen onder komberse klim