Archive for October, 2018

October 28, 2018

Hoeveel kan sy dra?

Oorbelle. Ek is mal oor oorbelle. Dus is dit elke maand se ding wanneer ek gaan hare sny. Ek stap by Lovisa in en koop die 3 vir R150 en 5 vir R100. Niks hangertjie of krale of goed nie. Nee. Oorbelle. Groot. Klein. Silwer. Goud. Pienk. Rooi. Blou. Groen. Noem die kleur, dis is hier. Dit is asof ek afgerond voel met mooi oorbelle. Ander mense kan krale, hangertjies en nekdoeke doen. Ek doen die oorbelle. My nek is buitendien te kort vir nekdoekies. En goed om die nek of arm hak gewoonlik iewers vas. Ek pes dit. Met die kort hare doen ek dan net helder lippe en mooi oorbelle en daar, ek voel mooi.