December 26, 2020

Krismis ete

Sus het my gul ontvang vir hierdie jaar se Krismis ete. Gelukkig ken sy ‘n chef wat etes maak en het vir ons bestel, ek sou nie enige ete wou maak nie.

Vang dit julle ook soms dat mens kos moet maak, jou koskas is vol maar jy weet net nie wat nie nog minder is jy regtig lus om iets te maak. Dit gebeur baie met my in die laaste paar maande. Ek kan geregte voor my sien, my mond kwyl behoorlik, maar die maak? Nee wat.

Hoofgereg wat ham, bees snye en ‘n ou hoennertjie insluit.
Heerlike patat gereg.
Twee slaae. Beet en groen slaai.
Nagereg in ‘n bottel.

Gelukkig het ek oorskiet gekry. Dit is vandag se ete.

December 24, 2020

2020

Ek is seker daarvan indien ons stil gaan word, besef ons 2020 was ‘n groot les. Ons kan regtig iets uit hierdie hele jaar neem.

Die mensdom is gemaklik. Ons eis alles op en toe. Ons het die reg tot alles en dit mors ons op want daarin het ons ook mos die reg.

Ek hoop van harte elkeen neem iets positief uit die jaar, word stil en onthou ons is net huurders hier op aarde.

December 21, 2020

Krismis 2020

Gister was ‘n snikhete dag, dink selfs nudiste het kwaai gesweet. Ek het my beste seekoei sweet gedoen. Was ek ‘n eend het ek heeltyd in water gedryf.

December 17, 2020

Met eish

2020 was ‘n blikslaer van ‘n jaar. Gelukkig het my balkontuin en kamertuin geblom.

December 5, 2020

Die wonder van ‘n lelie

November 23, 2020

Gaste op aarde

Twee 17 jarige dogters het in die afgelope weke hier in Paarl hulle eie lewens geneem. In gister se Rapport praat die een meisie se pa oor haar dood en wat haar geestestoestand was.

Sy het ‘n briefie gelos waarin sy sê dat sy nog maar altyd diep in haar die wete rondgedra het dat sy nie regtig oud gaan word nie. Sy was nooit tuis hier in haar eie vel nie. Sy het geen donkerte in haar hart of siel gedra nie. Sy wou net nie meer hier op aarde wees nie. Sy wou ook nie medikasie gebruik nie.

Ek verstaan dit so goed. Elke dag is harde werk om sin te vind in hierdie plek waar alles berge pleks van molshope is.

November 3, 2020

Drome

Genade, kan ek vir jou deurmekaar droom!

‘n Wasmasjien met sye van deurskynende perspeks, wat jy voor oopmaak en al is dit outomaties kan mens dit in die middel van ‘n was sonder moeite oopmaak.

Stappies al langs die kus deur die klein dorpies en dit vat glad nie so lank nie.

Iemand wat my oor kerk vra en ek wat hom antwoord ‘na alles wat jy aan my en my kinders gedoen het, glo ek en hulle nie in godsdiens of God nie.’ Waar ontken ek Sy bestaan?

My jaarlikse evaluering was onder ‘n Mev Gouws en ek het ‘n 3.6 gemiddeld ontvang. Pleks van die gewone 3.3. Ek ken mev Gouws glad nie maar blykbaar werk ek nou saam met haar.

Ek word vanoggend vervaard wakker. Die droom was so regtig, niks in ‘n waas nie. Dit het my skoon ongemaklik. Veral die deel waar ek Hom ontken. Sjoe.

October 14, 2020

Dag der dae

Ek het nie altyd vrot dae nie. Daar is goeie dae ook. Soos vandag. Dan is ek gelykmatig. Ek geniet alles. Ek kan 100% objektief dink.

Dan is daar weer dae waar ek net wil oë toeknyp en die kombers oor my kop wil trek. Hulle was min maar na die dêm inperkingstyd is daar meer gat dae as sonskyn dae. Pille en al.

October 1, 2020

Lewe

Ek is 58. Soms trek die lewe se verantwoordelikhede my tot in my 80’s en smeer ek maar rome aan om jonger te probeer lyk.

Emosionele uitgeput is moeiliker as fisies. Mens kan darem slaap en weer krag bymekaar skraap.

Ask yourself honestly: are you looking for a steady, predictable life? Is this what you want? If so, you must realize that the world cannot offer you this. Everything in the world is in the process of change. Nothing is steady. Nothing is predictable. Nothing will give you anything other than temporary security. Thoughts come and go. Relationships begin and end. Bodies are born and pass away. This is all the world can offer you: impermanence, growth, change.”

~ Paul Ferrini

En dan breek Oktober, die mooiste mooiste maand stormagtig aan.

September 3, 2020

Dagstukkie per e-pos

Soms lees ek regtig my e-posse en kom dan op pitkos as. Ja ja ek weet dit sal goed wees om altyd alles te lees …. lewe is kort julle weet.

It’s Okay to be Uncomfortable

“There is no fear in love, but perfect love casts out fear. For fear has to do with punishment, and whoever fears has not been perfected in love” (1 John 4:18).

My darling, I am not in the fear. I am in a new place, a separate place outside of it.  Step away, with Me. There is refreshment here. A new place to stand. There is room to move, to breathe, to spread your arms wide, hands open, fingers stretched, head relaxed. I have work for you to do with Me, yes. We will go, and I will push you to lean on Me and trust Me and do things uncomfortable for you to do alone.  But you don’t go alone, my dear. And when you are with Me in the place that could feel so uncomfortable and stress-filled, on your own—when you depend on your own strength, when you look to yourself for answers—you can rest and relax in my presence. You can head out into new territory with Me and not feel scared. Sometimes I don’t tell you why it is I’ve asked for you to go to a new place with Me. And that can feel uncomfortable, too. I know how you like answers.  But don’t not go to this new place with Me because fear grabs hold of your heart. Don’t let fear paralyze this girl-amazing-woman whom I love and adore so that fear is more powerful than this truth: I am here with you, holding your hand, not leaving your side. I am enough. My presence is enough. Where I take you is enough. You are free here, in this place with Me, outside of fear and no longer trapped. Stand up straight, girl.  Stand up.  You are not made to cower and fret and wring your hands. You are made to walk with eyes up, head held high, so you can see the path I take you. Together we go, just one step at a time, and into territory that may be unknown but will be safe and familiar too . . . because I will be there.  And I am your home.

Music for you: * “Hold My Heart,” Debora Sita: (Video | Spotify) Good

Things for you: * If you want to encounter God and practice responding to Him, Rush podcast: Holy Spirit in Modern Life is for you. It’s a FREE one-year audio experience that will change your life.

* Not yet signed up for Loop? Join today—it comes twice-a-week, free. Copyright © 2020 Gather Ministries, Inc., All rights reserved. You are receiving Loop emails of encouragement because you signed up for Loop: what you need to know. Our mailing address is: Gather Ministries, Inc. 795 Folsom Street, 1st Floor San Francisco, CA 94107.

Design a site like this with WordPress.com
Get started