Preppieniss

Iewers, onder al die preppieniss wat ek so voorhou, val dinge uitmekaar. My eende is nie op ‘n ry nie. My varkies loop iewers rond.

Driekwart van my lewe is verby. Ek het nou nie juis boeke herskryf of grense verskuif nie. Nog minder kon ek al ‘met die golf saamry’.

Is jammer ek kan nie weer begin nie. Daarom dat ek so preppie is. Ek steek bleddie goed weg.

2 Comments to “Preppieniss”

  1. Tannie Frannie's avatar

    Iewers is daar ‘n kolossale kraal met eende en varkies wat uit sy nate uit bars. Ek hou van jou beskrywing “preppie”!

  2. Son's avatar

    Jy is nie alleen nie. Ek kort nog ‘n lewe. Vir die dinge wat ek nog wou doen, vir die foute wat ek nie weer wou maak nie, vir die plekke wat ek nog wou sien. Virus het ‘n vet stok in daai ene gesteek. En nou weet ek nie of ek ooit weer die geld sal hê nie. Life’s a bitch. And then you die.

Leave a comment

Design a site like this with WordPress.com
Get started