


Wat ‘n week. Die konstante veranderings in mens se lewe. Enigste konstante is die wete dat iets die volgende dag mag wegval of verander. Vriendin Retha sê altyd so in haar maatskaplike stem: ‘Vloeibaar wees.’
Wie is nog lus vir vloeibaar behalwe as dit in ‘n bottel kom wat in ‘n glas gegooi kan word. Ek besef al te goed die norm van die verlede sal moet verander. Dit was immers dit wat ons tot op hierdie punt gebring het. Maar ek sal nogals hou daarvan om te weet of die nuwe norm nie aan my sak gaan raak nie.
Dit bring my tot die volgende punt. Wat kan ek ekstra doen om my inkomste aan te vul?