Archive for October 8th, 2017

October 8, 2017

Slaap

Slaap ontwyk my soms. Dan lees ek, luister RSG programme tot 4h se Boer opstaantyd. Luister boere regtig 4h radio?

Omdat ek nie op medikasie wil gaan nie, ek bly dink aan my kleinboet en sy apteek vir al sy skete, probeer ek alles wat natuurlik is alvorens ek die pil roete gaan. My kleinboet mag dalk nie ‘n sneller getrek het nie, maar hy het sy eie lewe so min geag dat hy sy liggaam vol medikasie bly stop het. Mens se siel kan nie met ‘n pil heel word nie. Dit bly soms lewenslank stukkend.

Gisteraand het ek net een keer wakker geword. Dit is voorwaar lekker om te voel hoe ek meer uitgerus raak.

October 8, 2017

Les